Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mount Everest Guest Farm

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Pierre V
1 nag
5.0
Okt 2024

Lekker, rustig en veilig. Verblyf was uitstekend, netjies en skoon. Sal beslis weer daar bly as dit op ons pad is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Shanel D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Amazing plek. Hulle sien ons definitief gou weer. Dit is 'n amazing plek. Die plek is baie groot. Ons het as 'n gesin van 5 baie lekker gerus en die diere vreeslik geniet op die plaas. Ook baie lekker gestap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Naomi E
Kort verblyf
5.0
Sep 2024

ń stukkie hemel op aarde in een van die mooiste dele van ons land. Dit was sowaar een van die lekkerste naweke en een van die mooiste plekke waar ons nog was. Ons het tuisgegaan in die Mount Everest Cabin, die bekoorlikste klein houthuisie, half weggesteek, heeltemal privaat en omring deur die mooiste berge. Die uitsigte van daar af is net asemrowend, ons kon nie genoeg kry nie! En die grootste geskenk was dat die landskap oornag in 'n wit toegesneeude winter wonderland verander het. 'n onverwagse sneeustorm in September, bitter koud, maar o so mooi! Maci is vriendelik en hulpvaardig, ons het sommer dadelik tuis gevoel! Ek kan nie wag om terug te kom na hierdie juweel van 'n plek toe nie, daar is nog soveel om te sien en te ontdek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Baie lekker gestap in die berg en die honde het die vryheid ook baie geniet. Tarentaal huisie is werklik pragtig en die diens was vriendelik, behulpsaam en onmiddellik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riaan E
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Rustig en gemaklik. Ons was vir 'n funksie by Mount Everest, maar sal ook enige tyd teruggaan vir 'n wegbreek. Mans kan heerlik op die plaas rondloop en daar is genoeg om mens besig te hou. Ons het in 'n A-raam eenheid tuisgegaan, maar ek was ook by van die ander groter eenhede. Die enigste negatiewe opmerking wat ek kan maak, is dat die A-raam eenhede se ingang bietjie ongemaklik is vir groter persone aangesien die trapreeling baie naby aan die skuifdeur is. Ek sal definitief weer hier wil tuisgaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Maci
Mount Everest Guest Farm
Hi Riaan, baie dankie vir jou resensie. Dit is net Gemsbok en Volstuis wat so verkeerd gebou is. Lechwe en Rooibok bied nie die spesifieke probleem van die trappe in die voordeur nie. Bly jy het dit geniet.

Karen D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Wonderlike uitsigte. Baie om te sien. Baie mooi plek. Die mense is baie vriendelik en het gehelp met elke vraag wat ek het. Sal dit definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christa V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Hierdie is absoluut 'n juweel van 'n plek en ek sal graag in die somertyd wil teruggaan. Dit was ongelooflik lekker. By Mount Everest Guest Farm is jou uitsig oor die landskap asemrowend mooi. Nogals koud buite, maar dis winter, en die verwarmer, komberse ens. maak dit lekker om warm te bly binne. Die verskillende bokke op die plaas, eende op die dam, hoenders en kalkoene by ontvangs se grasperk skep alles net 'n rustige atmosfeer. Die enigste ding wat ontbreek het, was hangers vir die klerekas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Fridrich K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Rustig en stil. Baie lekker gebly en gestap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Izelle V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Peaceful. Ongelooflike mooi plek, perfek om te ontspan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dinique B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Rustig. Dit is 'n baie mooi plek. Ons het baie lekker gebly en die mense is baie vriendelik. Dit is 'n rustige bestemming vir 'n naweek weg.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Maci Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 51 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Everest, Harrismith, 9880, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59ebb827cacb02f7df85b409e3371e26cef10e88169000e9903b75340cdc8179de10133eede43238033064a8d29f21e51ddc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 82 5 1 5 Mount Everest Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.157061 29.194107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang