Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mount Everest Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Everest, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mount Everest Guest Farm is op 'n asemrowende plaas in die hartjie van die Oos-Vrystaat, sowat 21 km vanaf Harrismith na Verkykerskop, geleë. Dit is sentraal geleë en ongeveer halfpad tussen Johannesburg en Durban.

Dié kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en deure wat na 'n balkon lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer op die grondverdieping het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, gasoond, mikrogolf, rooster, breekware en eetgerei toegerus. Dit strek tot by die sitarea met gemaklike rusbanke, 'n slim-TV, 'n kaggel en 'n binnebraai-area.

Die stoep rondom Arendskop bied skouspelagtige uitsigte oor die plaas, grasvelde en verre heuwels. Arende en aasvoëls maak nes bokant die chalet teen die inhamme en kan maklik besigtig word. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar.

Die plaas is die tuiste van talle wildspesies, soos lechwe, blesbokke, rooihartebeeste, blouwildebeeste, sebra, volstruis, swartwitpens, springbok en damhert (takbok).

Aktiwiteite op die perseel sluit rotsklim, visvang, bergfietsry, voetslaan en voëlkyk in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Riaan E
Gesin met tieners
5.0
Rustig en gemaklik. Ons was vir 'n funksie by Mount Everest, maar sal ook enige tyd teruggaan vir 'n wegbreek. Mans kan heerlik op die plaas rondloop ...
Sien meer
Sep 2024
Karen D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike uitsigte. Baie om te sien. Baie mooi plek. Die mense is baie vriendelik en het gehelp met elke vraag wat ek het. Sal dit definitief aanbeve...
Sien meer
Aug 2024
Christa V
Saam met lewensmaat
5.0
Hierdie is absoluut 'n juweel van 'n plek en ek sal graag in die somertyd wil teruggaan. Dit was ongelooflik lekker. By Mount Everest Guest Farm is jo...
Sien meer
Jul 2024
Fridrich K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en stil. Baie lekker gebly en gestap.
Jul 2024
Izelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Ongelooflike mooi plek, perfek om te ontspan.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Maci Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 75

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Mount Everest, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Mount Everest Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 51 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Everest, Harrismith, 9880, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59ebb827cacb02f7df85b409e3371e26cef10e88169000e9903b75340cdc8179de10133eede43238033064a8d29f21e51ddc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 75 5 1 5 Mount Everest Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.157061 29.194107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang