Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mountain Canadian Log Home

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 185 Sandweg, Kalkheuwel, 1748, Noordwes
  • Vanaf R4 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Mountain Canadian Log Home is 'n pragtige houthuis langs die Stone Cottage op 'n plaas wat 5.2 hektaar groot is. Dit is in die berge versteek, teen die kant van 'n koppie en net 5 km van Kalkheuwel af. Die huis spog met 'n uitsig oor die Leeu- en Safaripark en is ook naby Hartbeespoort geleë.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n uitsig oor die moerbeiboom waar volop voëlspesies te sien is. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met stroomdienste sodat gaste met hul eie rekeningbesonderhede kan inteken. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n knus leeshoekie op die boonste verdieping.

Buite is daar 'n groot onderdakstoep met meubels, 'n etenstafel, ingeboude braaigeriewe en 'n houtdek met 'n warmbad en 'n vlak plonspoel. Die tuintrappies lei na 'n buitebraai-area en 'n pizza-oond onder die bome. Daar is ook 4 swaaie, 'n handswaai en 'n sandhoop net buite die omheinde area sodat kinders hulself heerlik kan besig hou. Let asb. dat daar 2 katte en 2 honde op die perseel woon en gaste wat allergies is, word afgeraai om hiér te bespreek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Jacuzzi
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Andre N
5.0
Pragtige natuur wegbreek met al die geriewe wat jy by die huis sou gehad het. Pragtige blyplek met alles wat jy nodig het om 'n rustige wegbreek te hê...
Sien meer
Aug 2024
Oloff V
Gesin met klein kinders
5.0
Puik. Ons het baie baie lekker gebly. Sal weer gebruik maak van hulle.
Apr 2024
Gerrie B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig in die bos. Dis 'n goeie opsie naby aan die stad om die rustigheid van die bos te ervaar. Genoeg spasie en goed ingerig. Die gasheer kommunikee...
Sien meer
Mrt 2024
Byron A
Saam met lewensmaat
5.0
Brilliant. It was absolutely wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Amanda V
Gesin met tieners
5.0
N definitiewe weer besoek. Dit was ongelooflik mooi en die stilte was puik. Die plek is goed ingerig. Die honde kinders is dierbaar en laat voel mens ...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Graham Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Erf 185 Sandweg, Kalkheuwel, 1748, Noordwes
  • Gaste dink Mountain Canadian Log Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 185 Sandweg, Kalkheuwel, 1748, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8226d58cfb02335230de359ec79e484a4673fe1659990027986b2eed8ffdbfbf5ed42373f1b39c41ba0aa456357d3f374c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 6 mense 14 5 1 5 Plot 185 Sand Road Kalkheuwel 1748 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.831524 27.902074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang