Mountain Marina - Three Bedroom Luxury Premier Penthouse 1
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: W Quay-weg 7, Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R18 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Mountain Marina - Three Bedroom Luxury Premier Penthouse 1 is 'n ruim waterfrontdakwoonstel op die Marina Residential Estate in Kaapstad wat 'n asemrowende uitsig oor die seiljaghawe in die Victoria & Alfred Waterfront bied. Die luukse woonstel is net 'n hanetreetjie vanaf restaurante, inkopiewinkels, besienswaardighede en topklas-konferensiegeriewe.
Die dakwoonstel spog met 'n privaat ingang en 'n hysbak, bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 en suite-badkamers en 'n aparte gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapkamers het en suite-badkamers met bad- en stortgeriewe.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die ruim leefarea het 'n werkspasie met 'n lessenaar en stoele, 'n etenstafel, 'n TV en gemaklike rusbanke, en dit lei na 'n balkon met sitplek, 'n gasbraai en sonstoele.
Die woonstel het 'n omsetterstelsel vir kragonderbrekings, maar die lugversorging is nie daaraan gekoppel nie. Gratis WiFi en 2 veilige parkeerplekke word voorsien. Gaste het ook toegang tot verskeie gemeenskaplike swembaddens en 'n gemeenskaplike gimnasium wat teen 'n daaglikse fooi beskikbaar is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Chanel Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 42
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- W Quay-weg 7, Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in V&A Waterfront Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: W Quay-weg 7, Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang