Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mountain Marina - Two Bedroom Premier 1

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: W Quay-weg 7, Victoria and Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Mountain Marina - Two Bedroom Premier 1, is 'n woonstel op die grondverdieping teen die waterfront in Kaapstad. Dit bied 'n uitsig oor die seiljaghawe in die Victoria & Alfred Waterfront Marina Residential. Hierdie uitstekende ligging bied unieke marina-styl luuksheid en is net 'n hanetreetjie van lekker eetplekke, inkopies, besienswaardighede en topklas-konferensieplekke af.

Die woonstel bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamer maak gebruik van die gastebadkamer met 'n stort.

Die oopplan-leefarea en -kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die ruim leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n TV en gemaklike rusbanke wat na 'n stoep met buiterusbanke en 'n etenstafel lei.

Gratis WiFi en 2 veilige parkeerplekke is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot verskeie gemeenskaplike swembaddens. Die gebou beskik oor 'n gemeenskaplike gimnasium wat teen 'n daaglikse fooi vir gaste beskikbaar is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Chanel Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 42

Resensies 1

Op LekkeSlaap 5 maande

Ligging

  • W Quay-weg 7, Victoria and Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: W Quay-weg 7, Victoria and Alfred Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA06adcc3d07909ed6366a4a0680d13ff3bd291b623301bfd6c77301ff5ba5b3fc8343b5e50a17669f55141661cef6d224c9b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 4) 7 W Quay Road Victoria and Alfred Waterfront 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.910365039314 18.421433403853

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang