Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mountain Mist

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Restio-keeromstraat 3495, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 560 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mountain Mist is 'n stil toevlugsoord in die natuur aan die voorheuwels van die Kogelberg in Bettysbaai en bied slaapplek vir tot 6 gaste, hetsy volwassenes of kinders. Die vakansiehuis is volledig toegerus en het 3 slaapkamers met al die geriewe van jou eie huis.

Daar is 3 pragtige en suite-kamers op die grondvloer. Die eerste kamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het 'n koningingrootte-bed. Elkeen van die kamers het 'n privaat ingang vanaf die voorstoep. Neem asseblief kennis dat die woonstel in die solder te alle tye onbeset bly en dat dit nie uitverhuur word nie. Die leefarea in die huis is ruim met 'n groot oopplan-kombuis, -leefarea en -eetkamer met 'n kaggel, 'n platskerm-TV en sekere DStv-kanale (gesinspakket). Die kombuis-area spog met die mooiste uitsig van die berge en daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser vir jou gerief - wat noodsaaklik is indien die kinders saam vakansie hou. Onthou asseblief om jou eie waspoeier, tablette vir die skottelgoedwasser, filterkoffie en filters vir die koffiemasjien saam te bring.

'n Vollengte stoep voor die huis is die perfekte plek om 'n glasie wyn en 'n kreef op die kole te geniet en die besige dag op die strand af te sluit. Aan die agterkant van die huis is daar 'n braai-area met 'n kouewater-Jacuzzi (dit kan ongelukkig nie verhit word nie) wat beskut is van die Atlantiese-wind. 'n Dubbelmotorhuis is beskikbaar om jou motor veilige te hou. Jy sal ook 'n paniekknoppie aan 'n afstandbeheerder kry (aan die huissleutels) wat aan SafeSecurity, 'n 24 uur-gewapende reaksie eenheid, gekoppel is vir jou gemoedsrus.

Stony Point African Penguin Colony, een van die grootste kolonies van Afrika pikkewyne is net 2,9 km kilometer van die oord af en Harold Porter National Botanical Garden is 3,6 km van die oord af. Daar is 'n hele paar goeie stap- en voetslaanroetes in die omliggende berge en fynbos. Die strand is omtrent 1.9 km in die pad af, en daar is ook verskeie restaurante en kroeë wat al langs die kus lê. Die wegbreekplekkie is in die fynbos aan die voorheuwels van die Kogelberge in Bettysbaai geleë. Daar is oorgenoeg oop spasie en ’n uitsig oor die oseaan.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet met bidet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Marieke S
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflike verblyf en so baie dinge om in Betty's Baai te doen! Asemrowende uitsig op die see, doer onder en die berg hier teen mens. Gerieflike verbl...
Sien meer
Jun 2024
Charlene S
Saam met vriende
5.0
Awesome. Thank you so much for the lovely stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Brad-lee J
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Dit was baie lekker. Sal dit aan almal aanbeveel wat 'n wegbreek wil hê.
Jul 2023
Rosalind P
Saam met vriende
5.0
Het 'n wonderlike tyd gehad met verblyf. Die tuin agter die huis was amazing met die handgemaakte diere. Ek en my 5 vriendinne het die tyd geniet en d...
Sien meer
Jun 2023
Adri P
Saam met vriende
4.8
Twee nagte saam met kinders wat uit die Kaap by ons aangesluit het. Heerlik gebly. Baie ruim. Bietjie aan die oudmodiese kant maar alles is funksionee...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Restio-keeromstraat 3495, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountain Mist het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 560
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 560
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Restio-keeromstraat 3495, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk1OGU0ZTEyLWVkOWMtNDAwMi04ZDEzLWNmNmNmMjZiMDNkZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 560 per nag (plek vir 6) 18 5 1 5 3495 Restio Close Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -34.356451 18.895542

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang