Mountain Rock Cottage
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R38, Bon Accord-veeplaas 282 Gedeelte 1, Barberton, 1300, Mpumalanga
-
Vanaf
R920R782 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mountain Rock Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in die skilderagtige Makhonjwa-berglande in die hartjie van die De Kaap-vallei in Barberton. Dié streek is vol geskiedenis en geïdentifiseer as die kern van 'n voorgestelde Wêrelderfenisgebied. Die verblyf is ideaal vir diegene wat die natuurskoon geniet en op soek is na buitelugaktiwiteite om 'n onvergeetlike en verrykende ervaring te verseker.
Verblyf word in 2 losstaande selfsorgkothuise gebied. Elke kothuis het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan tussen 4 en 6 gaste. Die slaapkamers het gemaklike beddens en badkamers met storte. Linne en badhanddoeke word voorsien. Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuis, 'n sitarea en braaigeriewe, maar net 1 het 'n boma en 'n speelarea vir kinders.
Aktiwiteite in die omgewing sluit voëlkyk, 4x4-roetes, staproetes, visvanguitstappies en bergfietsry in. Daar is ook kleinwild soos koedoes, rooibokke en bosbokke op die staproetes te sien. Mountain Rock Cottage is deel van Cabrito Ranch, 'n geregistreerde Boerbokstoetery, waar gaste kan help om verskeie kere deur die dag die bokke te voer.
Die kothuise kan slegs met 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte bereik word.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R38, Bon Accord-veeplaas 282 Gedeelte 1, Barberton, 1300, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Barberton Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R38, Bon Accord-veeplaas 282 Gedeelte 1, Barberton, 1300, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang