Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mountain Shadows Hotel

  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barkly-pas, Langs die R58, Elliot, 5460, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 470 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

The Mountain Shadows Hotel is geleë in die skilderagtige Suidelike Drakensberge, in die hartjie van die Oos-Kaap en bied gerieflike verblyf in óf twee- óf drieslaapkamer en suite-eenhede. Die hotel is aan die bopunt van Barkly Pas geleë, met 'n hoogte van 1990 m bo seespieël, op die natuurskone R58 Roete tussen Barkly-Oos en Elliot.

Dit is 'n perfekte halfwegstop tussen Natal en die Oos-Kaap of Wes-Kaap. Hierdie binnelandse hotel is ideaal geleë - tussen die binneland en die Suidkus of Weskus.

Die eenhede is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, verwarmers, elektriese komberse en TV's. Jy het ook gebruik van die gemeenskaplike woonkamer met 'n grootskerm-TV en 3 kaggels. Daar is ook 'n eetkamer en 'n kroeg in die hoofgebou. Die hotel bied konferensie-fasiliteite en is die ideale venue vir opleidingsgroepe, motiverende konferensies en korporatiewe wegbreke.

Ons bekwame kombuispersoneel is byderhand om 'n opsionele Engelse ontbyt, ligte middagetes en 'n driegang-buffet-aandete te bedien. Ons bied ook die opsie van 'n wegneemete vir gaste wat weer in die pad moet val en verversings tydens konferensies op aanvraag.

Die hotel bied verskeie doendinge soos drie verskillende een-dag staproetes, vierwielmotorfiets- en bergfietsroetes, vlieghengel en voëlkyk. Ontsnap van jou alledaagse lewe se rumoer en kom en beleef die vars berglug terwyl jy egte plattelandse gasvryheid geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
René C
Saam met lewensmaat
5.0
Karaktervolle hotel. Oulike hotel met hope karakter. Kamer was gerieflik met alles wat mens nodig het. Etes baie smaaklik. Pragtige omgewing.
Apr 2024
Estelle Z
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustige atmosfeer. Baie lekker gebly. Gaan vir seker weer.
Des 2023
Petri O
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige plek. Pragtige ligging, alles skoon en personeel het uit hulle pad gegaan om ons verblyf gerieflik en lekker te maak.
Des 2023
Hannes L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik geëet en warm geslaap. Die hotel se kok het ons met heerlike gekookte boerekos bedien. Die malva nagereg was so lekker gewees. Ons het...
Sien meer
Okt 2023
Jill H
5.0
Friendly staff and beautiful location. A lovely stay. Comfortable accommodation and friendly staff.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Johann Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Barkly-pas, Langs die R58, Elliot, 5460, Oos-Kaap
  • Gaste dink Mountain Shadows Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Grens Area Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 470
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 470
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 62 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barkly-pas, Langs die R58, Elliot, 5460, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4M2MzYmJiLWI4NmEtNGJhZS04OTMzLTdlNmU1NTIyNjJjYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 470 per nag, vir 2 mense 83 5 1 5 Barkly Pass Off the R58 5460 Oos-Kaap 021 201 8901 12:00-21:00 10:00 -31.203820871715 27.838656708664

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang