Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mountain View Holiday Home

Selfsorg
Op die Nippertjie-aanbod 30% af

Kry 30% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elana-singel 5, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Mountain View Holiday Home is ’n ruim selfsorghuis in Franskraal en bied verblyf aan tot 12 gaste, wat dit ideaal vir ’n familie of groep maak.

Hierdie huis beskik oor 5 slaapkamers, 2 badkamers, ’n kombuis, eetarea en leefarea. Twee van die slaapkamers het elk ’n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het ’n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het ’n stapelbed en ’n enkelbed en die vyfde slaapkamer het ’n dubbelbed en stapelbed. Die kamers deel die gebruik van 2 badkamer wat elk ’n bad, stort en toilet het. Linne word voorsien en gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook ’n wasmasjien. Gaste kan hul etes by ’n groot etenstafel geniet en in die sitarea ontspan waar daar ’n TV met OpenView is.

Die huis lei na ’n onderdakstoep met ’n ingeboude braai-area en ’n groot grasperk om op te speel. Die stoep en grasperk bied ’n uitsig oor die Franskraalberge.

Mountain View Holiday Home is 1 km vanaf die strand en Franskraal bied verskeie aktiwiteite, soos visvang, swem, haaihokduik, 4x4, stap- en voetslaanroetes. Gaste kan ook besienswaardighede soos die Strandveld Museum besoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Bad

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Alica P
5.0
Heerlike naweek kuier gewees. Baie rustig en ek sal so 'n plek enige tyd aanbeveel. Maar 'n swembad sou nogal lekker gewees het.
Feb 2024
Cicelene F
Gesin met tieners
5.0
Awesome. We had a wonderful time at Mountain View Holiday Home in Franskraal. The house is spacious, clean, and well-equipped with ever...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Reynold W
Saam met vriende
5.0
Was baie lekker en die gasvrou laat jou soos die eienaar voel. Huis weg van die huis. Het ons verblyf baie geniet.
Des 2023
Louise H
Saam met lewensmaat
4.8
Baie dankie, vir 'n heerlike naweek! Sal beslis weer kom kuier. Heerlike rus naweek gehad.
Okt 2024
Emile C
4.6
Huis het alles gehad wat ons nodig gehad het. Delina is baie vriendelik en behulpsaam. Huis het alles gehad wat ons nodig gehad het. Delina is baie vr...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Elana-singel 5, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountain View Holiday Home het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elana-singel 5, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc1a62548f12f4dfbc69657d5982f499612e6ab5a77073bd8650be5b9fc970e1c33415208bcfd210485b99fb8c987dd819fcd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 12) 7 5 1 5 5 Elana Crescent Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.600574883516 19.406107905909

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang