Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mountain View Manor

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Markstraat 20, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mountain View Manor is in Clarens in die Vrystaat, 'n area wat bekend is vir die pragtige roetes, wynproe, riviervlotvaart, voetslaanroetes en ikoniese besienswaardighede soos die Blou Donki Galery, Clarens Kloofdam en Clarens Dinosaurs. Die verblyf is stapafstand van restaurante af.

Verblyf word in 3 eenhede, die Mountain View Manor Family Unit, die Mountain View Manor Couple’s Unit en die New Couples Unit gebied. Die gesinseenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders, 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die 2 kamers is met 'n kas van mekaar geskei en het 'n oop area na die gedeelde badkamer. Elke bed het 'n elektriese kombers. Ander geriewe sluit 'n mikrogolfoond, yskassie, induksieplaat, ketel, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in. Verder is daar WiFi en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n kaggel, stoep en 'n privaat ingang.

Die Mountain View Manor Couples' Unit het slaapplek vir 2 gaste op 'n koninggrootte-bed wat op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort. Die beddens het elektriese komberse oor. Die eenheid het basiese selfsorggeriewe soos 'n mikrogolfoond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in. 'n Kaggel, WiFi en platskerm-TV met DStv is ook beskikbaar. Verder is daar 'n stoep en privaat ingang.

Die laaste eenheid het 'n koninggrootte-bed en DStv. Sy kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, induksiestoof, eetgerei en breekware toegerus. Gaste het toegang tot 'n privaat stoep met 'n uitsig op die berge. Gratis WiFi is beskikbaar en die eenheid is stapafstand van die winkels en restaurante af.

Die eenhede het toegang tot 'n boma en braai-area. Geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek in.

Aktiwiteite en besienswaardighede in die area sluit perdry, visvang, wynproe, begeleide staproetes, tennis, hengel, voëlkyk, fietsry en bergfietsry in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 91 resensies vir Mountain View Manor
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marlene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 130

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Markstraat 20, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Mountain View Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Markstraat 20, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c629899dbe58365ffe9fbcea850446dbcc3a8365ecf2d7f57c1aba9970b841230ebbd7e9685f1e333c143802855894756ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 91 5 1 5 20 Market Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -28.516795287665 28.421698581637

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang