Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Môrester Selfsorg Gastehuis

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 750 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Môrester is 'n juweel van 'n plek in die pragtige Vosburg, die Kwêla Dorp van die Jaar vir Noord-Kaap 2024.

Die bekoorlike huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het ook lugversorging en die ander 2 slaapkamers het waaiers.

Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit sonkrag in.

Daar is ook braaigeriewe, 'n eetarea en 'n sitarea. Buite is daar 'n pragtige tuin en 'n groot, goed beligte parkeerarea.

Môrester is stapafstand vanaf een van die land se mooiste kerke, die Kontrei Museum, koffiewinkels en die Vosburg Botaniese Veldtuin.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Slegs 4x4-toegang
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Riaan J
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent, great host. Home away from home, one of the best stays in the Karoo.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Karel R
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld en doodstil deur die nag. Baie skoon en netjies. Anna is super vriendelik en ons het ons oornag geniet. Vir mense met meer in hul groe...
Sien meer
Nov 2024
Jackie B
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam verras en oorweldig met suiwer Karoo gasvryheid. Ons het heerlik gebly, maar dit was jammer dat dit vir net die een nag se oorslaap daar was...
Sien meer
Nov 2024
Erina B
Saam met lewensmaat
5.0
Soos altyd, was hierdie juweel 'n wonderlike rusplek vir ons voete! Ai mensig, beter kan jy nie vra! Rustig, skoon, besonder goed toegerus en net reg!
Nov 2024
Gerhard D
Gesin met klein kinders
5.0
Perfek! Baie goed toegeruste eenheid. Veilig. Pragtige dorpie. Sal definitief weer hier kom bly. Was ideaal vir ons gesin.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Anna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 78

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Gaste dink Môrester Selfsorg Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Toeganklike toilethandvatsel
Badkamer-gryprelings
Hefboomkrane
Ruim badkamer
Ruim slaapkamer

Sien meer verblyf in

Vosburg Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2b392b7d4eb85edddcd926a7b2566119f8680fa0b5a69bef4f31a1e0a4ac3dc4d41d82e4e9554dac00cf04eb834536d1b820?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 6 mense 78 5 1 5 152 Smit Street Vosburg 8780 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.577855107493 22.879358008598

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang