Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mud Manna

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butlerstraat 1, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Mud Manna is 'n unieke, bekoorlike en oulike selfsorghuis wat uit modder gebou is en met gekleurde glasvensters, skerms en bottels versier is. Die piekante huis is in die buitewyke van die klein dorpie Smithfield geleë, net 1 km vanaf die middedorp.

Die huis het 'n oopplan-uitleg en bied privaatheid. Daar is 'n solderkamer bo met 'n dubbelbed en onder is daar 'n knus slaaphoekie emt nog 'n dubbelbed. Onder is daar nog 'n slaapkamer met 'n enkelbed en 'n slaapbank vir die sesde gas is in die sitarea beskikbaar. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n etenstafel met stoele toegerus. Die sitarea het ook sitplek. Buite is daar 'n stoep met sitplek, asook 'n swaaibank waar gaste die bokmakieries, valke, donkies, perde en koeie oorkant die pad kan bewonder. Of gaste kan net die rus en vrede sit en geniet. Braaigeriewe is beskikbaar en troeteldiere is welkom, daar is genoeg plek vir honde.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Leefareas 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Sonja H
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n ervaring! Hierdie huis sal in die geskiedenisboeke gaan saam met die werke van Helen Martin, Maggie Laubser en die Pierneefs. Dit is werklik 'n...
Sien meer
Sep 2023
Hendrik D
Gesin met tieners
5.0
'n Huisie uit 'n sprokie. Skippie en Fox het ons verwelkom en laat tuis voel. Goed ingerig en laat mens welkom voel. Die mooiste sterrehemel het die n...
Sien meer
Mrt 2023
Henrietta P
5.0
It was a lovely stay. Mud Manna is an artwork. Really loved our overnight stay. The hostess is friendly, helpful and generous.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023
Loïs V
Saam met vriende
4.8
Ons het dit baie geniet. Sal beslis weer daar oorbly. Heerlik oornag. Interessante huis en kunstenaar.
Mei 2024
Estelle B
Gesin met tieners
4.6
Baie vinnige, net oorgeslaap. Baie interessante huis, het alles wat jy nodig het, baie gawe en vriendelike gasvrou.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Butlerstraat 1, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Gaste dink Mud Manna het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Smithfield Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butlerstraat 1, Smithfield, 9966, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb1ba5ce0f312e80f03cac2e67bd09f6735de234cad23766e25a9b053ba095d42708c28d414c60491e6b39e8a58c1eef6fa7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense 13 5 1 5 1 Butler Street Smithfield 9966 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.213789336265 26.52358174324

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang