Mulberry Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Grootplaatsplaas, Langs die R63, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mulberry Cottage is 'n selfsorg-kothuis op die Grootplaatsplaas net 28 km vanaf Murrysburg en 64 km vanaf Graaff-Reinet. Dié kothuis is die oorspronklike werkershuisie wat in ’n bestuurderskothuis omskep is en toe vir 20 jaar onbewoon is. Daarna is dit opgeknap en in ’n knus, gerieflike en privaat kothuis langs die Buffelsrivier omskep. Die kothuis is vernoem na die reuse-moerbeiboom in die agterplaas.
Op Grootplaats word daar met merinoskape, angorabokke en beeste geboer. Gaste kan gerus op die plaas kom voetslaan, die Karoovlaktes verken en die wildskampe besoek om die springbokke, koedoes en blesbokke te bekyk.
Mulberry Cottage is 'n privaat kothuis wat na die noorde front en volledig ingerig is. Daar is slaapplek vir 5 gaste en die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel en 'n broodrooster. Parafienlampies sorg saans vir 'n romantiese atmosfeer. Die eetarea het 'n ronde tafel met 4 stoele. Daar is 'n knus kaggel in die sitarea vir koue wintersaande. Buite is daar 'n oop, geplaveide patio met 'n braai-area aan die eenkant. 'n Druiwerpieel bedek die patio-area vir ekstra koelte.
Daar is 'n swembad langs die hoofhuis wat net 8 minute se rustige stap hiervandaan is. Gaste kan ook in die rivier swem en daar is 'n pragtige waterval net 'n entjie vanaf die kothuise.
Daar is tientalle doendinge op dié plaas, soos bergfietsry- en 4x4-roetes, en gaste kan ook die plaas gaan verken. Saans is die naghemel besaai met derduisende sterre en dis beslis iets om te aanskou. Die gashere, John en Judi Butterworth, sien uit daarna om die Karoo met gaste te deel.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Judi Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Grootplaatsplaas, Langs die R63, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Gaste dink Mulberry Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Murraysburg Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Grootplaatsplaas, Langs die R63, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang