Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Muller House Gasteplaas

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N3, Vrede, 9835, Vrystaat
  • Vanaf R7 450 per nag, vir 16 mense

Beskrywing

Muller House Gasteplaas is op 'n plaas naby die Oos-Vrystaatse dorpies Villiers en Warden, op die N3-roete geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is 'n pragtige, historiese plaasopstal wat in 1929 gebou is en die hele opstal is tot gaste se beskikking.

Die plaashuis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 badkamers, een met 'n bad en een met 'n stort.

Die kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die leefarea is gerieflik en pragtig en daar is 'n ruim eetarea. Die tradisionele stoep het 'n prentjiemooi uitsig oor die plaasdam. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die aangrensende lodge het 'n pragtige grasdak met ysterklipmure en het 2 slaapkamers op die boonste verdieping. Een slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, terwyl die ander slaapkamer vyf enkelbeddens het. Die volledig toegeruste kombuis bied 'n kookervaring met 'n uitsig. Die badkamer spog ook met 'n uitsig oor die plaas.

Daar is braaigeriewe en 'n swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Aktiwiteite op die plaas sluit hengelgeleenthede, voetslaanroetes, swem, kleiduifskiet en fietsry in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 16 mense 6 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

5

5 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
3.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • N3, Vrede, 9835, Vrystaat
  • Gaste dink Muller House Gasteplaas het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 7 450
per nag, vir 16 mense
Vanaf
Vanaf R 7 450
per nag, vir 16 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N3, Vrede, 9835, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8f784e506068e180b1f05571407686f9defe2890ca24e86421686a4d305f87eabad1773ce6aef573e8d60d2c556a22c1a91?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 450 per nag, vir 16 mense 2 5 1 5 N3 Vrede 9835 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.588997288239 28.789770612868

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang