Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Muqurati Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden 32, De Wagendrift, Dinokeng, 0407, Gauteng
  • Vanaf R4 700 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Muqurati Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf vir 'n groep vriende of gesin van 8 volwassenes en 3 kinders. Hier het gaste die geleentheid om van naby te sien hoe wild vrylik rondbeweeg.

Die ruim lodge beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, lieflike buitebraai-area en 'n boma. Die hoofslaapkamer, Leeu, het 'n koninggrootte-bed, asook 'n dagbed en die en suite-badkamer het 'n bad en stort. Die kamer het ook 'n instap-klerekas. Die tweede slaapkamer, Olifant, het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed waarop 'n kind kan slaap. Dié en suite-badkamer het 'n stort. Luiperd, die derde slaapkamer, het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer, Zebra, het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Al die kamers lei na 'n stoep.

Die groot kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en lei ook na die stoep. Hier kan gaste hul maaltye om die etenstafel saam geniet of in die sitarea ontspan.

Die huis het 'n groot onderdakbraai-area en 'n boma. Gaste mag slegs in die boma vuurmaak, en hout is by die lodge te koop. Gaste mag nie aan bome op die perseel kap om hout te kry nie.

Verder kan gaste die uitsig vanaf die stoep geniet waar wild rondloop. 'n Verskeidenheid wild kom laatmiddag of saans tot naby vir water en kos. Gaste kan ook op die wandelroetes stap om die wild vanagter 'n elektriese heining te besigtig.

Kamer-opset

Slaapplek vir 11 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wildritte
Swembad
Volledige kombuis
Kombuisie
Braai
Kamerdiens

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Glaudina M
5.0
Perfekte huis vir families om saam te kuier. Ons was saam met ons kinders en kleinkinders by Muqurati vir die naweek. Die huis is baie goed toegerus e...
Sien meer
Nov 2024
Jaundre V
Saam met vriende
5.0
Siel-vullende wegbreek van die gejaagde lewe. Ons 4 gesinne het baie lekker gebly by Muqurati Lodge, vriendelik ontvang deur Frans en Mary en baie beh...
Sien meer
Mrt 2024
Nicola C
Saam met vriende
5.0
Heerlike rustige wegbreek in pragtige skoon en mooi verblyf. Staf baie hulpvaardig en vriendelik. Baie lekker gebly!
Aug 2023
Lynette D
Gesin met tieners
4.8
Fantastic, Spacious and clean. We were involved in an accident on our way to Muqurati Lodge and although we only arrived after 4 the la...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Nuncy G
Gesin met klein kinders
4.8
Comfortable, beautiful, peaceful. We had an absolutely amazing time at the lodge and had many great memories! It is neat comfortable co...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

ilze Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Welgevonden 32, De Wagendrift, Dinokeng, 0407, Gauteng
  • Gaste dink Muqurati Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 700
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R 4 700
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden 32, De Wagendrift, Dinokeng, 0407, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36c12c32cdfe7a66f4fb5200f940b55eb6725ec67ab7680fd02c1e3c311bbff0e540584febb3a5d6f350f3bfe2ad8f99b792?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 700 per nag (plek vir 11) 19 5 1 5 32 Welgevonden De Wagendrift 0407 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.365652089167 28.389751490807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang