Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mykonos

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lamont Plaas 393, Johnsons Post, 31 km vanaf Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 R1 395 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mykonos is 'n lieflike selfsorgkothuis wat op die werkende skaapplaas, Lamont, 31 km buite Mosselbaai geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n paartjie wat op soek is na 'n romantiese wegbreek van die stad se gewoel.

Dié afgesonderde kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Warm water word deur 'n donkie verskaf wat op versoek deur die eienaars bestuur sal word. Die sitkamer het gemaklike sitplek waar gaste met 'n boek kan ontspan.

Buite is daar 'n onderdakstoep met sitplek, 'n ingeboude braai en 'n privaat plonspoel. 'n Houtbrandbad is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Neem asseblief kennis dat die kothuis deur 'n kragopwekker aangedryf word en indien die kragopwekker leeg raak, sal gaste hul eie petrol moet voorsien om dit weer aan die gang te kry. Daar is lampe indien gaste verkies om nie die kragopwekker te gebruik nie.

Die ligging van hierdie kothuis is net 'n entjie van Gouritsmond en Vleesbaai se strande af. 'n Wye verskeidenheid buitemuurse doendinge wat gaste kan geniet, sluit voetslaan, fietsry, visvang in die Gouritsrivier en vele meer in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Colleen Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 36

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Lamont Plaas 393, Johnsons Post, 31 km vanaf Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mykonos het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 550
R1 550 R1 395
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 550
R1 550 R1 395
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lamont Plaas 393, Johnsons Post, 31 km vanaf Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA200b8947f60b80175b95f843ac2976d3b179d5bb3f0d5d3927430979436640259a77dc57ea0aa6c14028dc95fd57f700f3be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 550 nouVanaf R1 395 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 Lamont Farm 393 Johnsons Post 6504 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.302009047305 21.847072905181

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang