Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mystic Mountain Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 418, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Mystic Mountain Cottage is 'n knus houthuis slegs 5 minute se stap vanaf Clarens Square wat 'n wye verskeidenheid winkels, restaurante en kroeë bied. Die huis bied 'n beeldskone uitsig op die berge aan die oostekant en die suide van Clarens.

Die kothuis is goed toegerus om vir langtermyn-selfsorgverblyf voorsiening te maak. Dit bied slaapplek aan 6 tot 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 solderkamer, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die boonste verdieping het 2 slaapkamers en 'n solderkamer. Kamer 1 het 1 dubbelbed. Kamer 2 het 2 enkelbeddens en die solderkamer 1 dubbelbed. Die badkamer op die boonste verdieping het 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed. Gaste in hierdie kamer gebruik 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n gas- en elektriese stoof, mikrogolfoond en 'n yskas toegerus en daar is ook 'n opwaskamer. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sonnige dubbelvolume-sitarea het 'n oop kaggel, gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Die oop kaggel maak die hele huis warm en daar is elektriese komberse op al die beddens. Ekstra komberse en handdoeke word ook voorsien. Daar is nie beurtkrag in Clarens nie.

Geniet die uitsig vanaf die stoep rondom 'n braaivleisvuur met 'n skemerkelkie in die hand. Die perseel is omhein en het 'n hek. Daar is onderdakparkeerplek langs die huis.

'n Daaglikse skoonmaakdiens kan deur die eienaar gereël word teen ekstra koste.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Albert L
Saam met lewensmaat
5.0
Great. We enjoyed the stay there, nice fireplace and central locality.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Juanita S
Gesin met tieners
5.0
Baie mooi en lekker. Was baie lekker en gerieflik.
Jan 2024
Mornette V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, pragtig en perfek! Beslis! Dit is 'n stukkie hemel so tussen die berge!
Des 2023
Gerhard E
Saam met lewensmaat
5.0
Onvergeetlike naweek. Goed toegeruste huisie met alles wat jy nodig mag hê. Mooi skoon en netjies. Rustige atmosfeer. Naby genoeg om dorp toe te stap....
Sien meer
Jan 2023
Alta I
Saam met vriende
4.8
Great huis. Baie goed toegerus. Absoluut alles wat jy nodig het, is daar. Baie lekker verblyf. Die uitsig is fantasties. Jy kan vir 'n hele week net o...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Eloïse Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 95

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Roosstraat 418, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Mystic Mountain Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 418, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7f111b407299fa7edc40d5186b55e617a4aa9fff533a0edb970e64afa6fa2b47b1de60dee44b81a3ec5460e2996002281ee0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) 82 5 1 5 418 Roos Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.5127903 28.4236744

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang