Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mythos

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 87, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Mythos is 'n pragtig versierde huis in Paternoster aan die Weskus. Dis 40 m se stap vanaf die strand en het slaapplek vir 5 gaste.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde het 'n driekwartbed. Die twee kamers deel 'n badkamer met 'n bad.

Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en het 'n yskas, elektriese stoof, wasmasjien en wynverkoeler. Die leefarea het 'n 74" LCD-TV met sekere DStv-kanale en daar is 'n binnebraai.

Buite is daar nog 'n braai, 'n toesluitmotorhuis en parkeerplek langs die huis. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Gaste mag slegs buite die huis rook.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Lisa L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic! Absolutely stunning accommodation, well equipped, neat and clean. Will definitely go back. Highly recommended.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Jaco B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en lekker. Ons het baie lekker gebly en goed uitgerus en die varssee lug geniet.
Jan 2024
Petro G
Saam met lewensmaat
5.0
Hier kry jy waarlik rus vir jou siel. Die verblyf is van uitstekende gehalte.
Des 2023
Marianna V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was fantasties. Sal enige iemand aanbeveel om by Mythos te oornag. Dit is veilig en gerieflik. Sal enige tyd weer daar gaan bly.
Jul 2023
Juanette M
Gesin met tieners
5.0
Heerlike huis, als wat mens benodig. Oulike plekkie, net koud in die winter, maar heel goed toegerus. Stay at Paternoster se diens was baie goed en hu...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 72

Resensies 1779

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • St Augustine-weg 87, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mythos het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 87, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4307baed7285c54957bd9d1acef628cba503fba5d2410657246636b13f9026a14e219e8d4afef6e7a7c456a9bc4f6387f3b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 5 mense 43 5 1 5 34 Mosselbank Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.806923791782 17.896357029676

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang