Mzingazi Waterfront Village 108
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bridgetown-weg 42, Mzingazi Waterfront Village, Richardsbaai, 3900, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 914 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mzingazi Waterfront Village Eenheid #108 is 'n gesellige woonstel vir 4 in die veilige Mzingazi Waterfront-dorp in Richardsbaai. Dit is die enigste verblyf in Richardsbaai en Meer en See wat verblyf op die water verskaf.
Dié oopplan-woonstel het lugversorging en word via trappe bereik met 'n houtdek wat 'n uitsig oor die kanaal bied. Die woonstel het 'n dubbelbed asook 'n dubbelbed uitvou slaap bank en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en gaste kan hul maaltye by die toonbank of om die etenstafel geniet. Die woonstel het ook 'n TV met internet en toegang tot Netflix en gratis WiFi.
Daar is jetties wat gaste kan huur teen 'n ekstra koste per dag en ook parkeerplek in 'n privaat motorhuis. Die woonstel word daagliks skoongemaak teen geen ekstra koste.
Die landgoed het 'n gemeenskaplike swembad, braai-areas, wasgoedgeriewe en bied toegang tot 'n privaat strand. Daar is 24 uur-sekuriteit en 'n elektroniese hek met beheerde toegang.
Die eenheid is 300 m vanaf verskeie restaurante en winkels, en Richardsbaai bied talle aktiwiteite soos voëlkyk, branderplankry, swem en kanovaart aan. Verder kan gaste die Durnford-vuurtoring en Broadwalk Inkwazi Mall besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
2 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jacoline Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Bridgetown-weg 42, Mzingazi Waterfront Village, Richardsbaai, 3900, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Mzingazi Waterfront Village 108 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Richardsbaai Noordkus KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bridgetown-weg 42, Mzingazi Waterfront Village, Richardsbaai, 3900, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang