Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

N&A Guest House

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zitastraat 446, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

N&A Guest House bied bekostigbare selfsorgverblyf in die hartjie van Garsfontein in Pretoria-Oos. Gerieflike verblyf vir sakelui en vakansiegangers word aangebied.

Die eenhede is skoon en gerieflik en die personeel is vriendelik en tot gaste se diens.

Die eenhede het dubbelbeddens en/of dubbelstapelbeddens en maak voorsiening vir 'n gesin van 2 tot 7. Elke eenheid het 'n platskerm-TV met plaaslike kanale, M-Net, DStv se sport- en fliekkanale. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en ketel. Daar is komplimentêre koffie en tee.

Die tarief is per persoon wat deel. Indien slegs 2 gaste die tweeslaapkamereenheid bespreek sal een kamer gesluit word. Indien twee kamers vereis word vir 2 gaste sal daar 'n addisionele fooi betaalbaar wees.

Elke eenheid het 'n werkstasie met 'n lessenaar en 'n lampie. 'n Kluis, DVD-speler en radio-wekker sowel as gratis WiFi is beskikbaar. Die eenhede word daagliks skoongemaak en die handdoeke word elke dag omgeruil, behalwe oor naweke en openbare vakansiedae.

Die kompleks is veilig met 'n elektriese heining en kameras, en daar is veilige parkeerplek op die perseel wat gekoppel is aan 24 uur-gewapende reaksie. 'n Swembad en braaiplek is beskikbaar aan gaste. Ons is in die woonbuurt se hoofstraat geleë so normale geraas van verkeer is te verwagte.

Rook is verbode in die eenhede en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 118 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Louis V
Saam met vriende
5.0
Baie lekker, veilig en gemaklik. Ja dankie, ons bly altyd lekker by N&A Gastehuis. Dit is ons naweek in PTA plek. Baie dankie weer eens.
Okt 2024
Victor N
Gesin met tieners
5.0
Definitely recommend to anyone who needs a fine and quiet stay in Pretoria. We loved it, value for money, friendly hosts and staff, sho...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Maryka S
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Puik diens - ons het heerlik gekuier.
Mei 2024
Jan S
Saam met vriende
5.0
Fantastic. Baie lekker gebly. Vriendelike mense.
Apr 2024
Rod F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie tevrede. Definitely - very quiet, tidy, clean, safe, friendly and safe parking.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Yvonne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 118

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Zitastraat 446, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink N&A Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zitastraat 446, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY0MTk0ODczLTRhMTMtNDA5YS1hNzY1LWVlOThkYzJkMDRlZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 118 5 1 5 446 Zita Street Garsfontein 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.790334264642 28.297062682209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang