Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Naftali Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naftali Estate, Upington, 8805, Noord-Kaap
  • Vanaf R940 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Naftali Guest Farm is op 'n werkende plaas sowat 22 km buite Upington geleë. Die plaas het ook 'n manjifieke Friesperdstoetery. Die ideale ligging maak dit die perfekte oornagplek op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark en die Augrabies-waterval Nasional Park.

Verblyf is beskikbaar in 2 smaakvol gemeubileerde eenhede wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Eenheid 1 beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n losstaande bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus en die leefarea het 'n sitkamerstel, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Die stoep, braai-area en voortuin word met gaste in Eenheid 2 gedeel.

Eenheid 2 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Verder het die eenheid ook 'n klerekas, lessenaar en 'n platskerm-TV. WiFi is ook beskikbaar. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiestasie toegerus. Gaste kan ook in die klein tuin voor die stoep ontspan en die braai wat met gaste in Eenheid 1 gedeel word, geniet.

Gaste kan stap of fietsry in die wingerde en langs die rivier, of visvang en die tuine geniet. Daar is ook 'n gedeelde swembad en gaste kan tennis speel onder die spreiligte. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Christine D
Saam met lewensmaat
5.0
Om by Naftali te bly is soos om tuis te kom en dan al die lekkerte en bederf te. Dit was salig en baie spesiaal gewees.
Aug 2024
Lene V
Besigheidsreis
5.0
Die verblyf en gasvryheid was fantasties. Sien sterre.
Aug 2024
Ilandi J
Saam met lewensmaat
5.0
Beslis waarde vir geld. Ons het heerlik gebly. Eenheid is pragtig en skoon. Gasvrou is baie vriendelik en laat 'n mens dadelik welkom voel.
Aug 2024
Frans V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename verblyf waar jy so welkom voel met gasvryheid en bederfies. Ons verblyf by Naftali was ongelooflik aangenaam. Surine doen geweldig baie...
Sien meer
Aug 2024
Erika K
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Absoluut amazing. Surine se gasvryheid en al die spesiale touches! Sal oor en oor daar gaan bly.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Surine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Naftali Estate, Upington, 8805, Noord-Kaap
  • Gaste dink Naftali Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R940
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R940
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naftali Estate, Upington, 8805, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA723f02c95c6397431a204fa5a4cd4e318de818c9917753bf48a8c670e6b0b35b0b6acd5e0e75b769fbddd302940c3c46e6cd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R940 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 Naftali Estate Upington 8805 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -28.6100799 21.115814925339

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang