Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Namib Desert Camping2Go

Tentekamp
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: C19, Namib Desert Lodge, Sossusvlei, Solitaire, 0000, Hardap
  • Vanaf R1 970 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Namib Desert Camping2Go is onder merkwaardige fossielduine in die Sossusvlei-omgewing in die Namibwoestyn en bied gerieflike selfsorgverblyf in permatente. Gaste kan lekker om die kampvuur ontspan en na die hiëna se geroep luister nadat hulle 'n dag in die woestyn deurgebring het en die pragtige plekke in Sossusvlei en die Sesriem Canyon besoek het.

Verblyf word in 8 permatente aangebied en dis net 'n hanetreetjie vanaf die Namib Desert Lodge. Elke tent het 4 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n kombuis met 'n yskas, stoof, 'n wasbak, kookgerei en eetgerei op die terras buite. Elke tent het ook 'n buitebraai en 'n vuurput wat gaste in die rivierbedding kan sit om die natuur ten volle te geniet.

Gaste kan van die geriewe by die Namib Desert Lodge wat 700 m ver is gebruik maak. Daar is 'n restaurant en 'n swembad. Gaste kan ook aan die aktiwiteite deelneem om die omgewing te verken, soos e-fietsry, voetslaan of duinritte tydens die sonsopkoms en sonsondergang geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 113

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • C19, Namib Desert Lodge, Sossusvlei, Solitaire, 0000, Hardap
  • Gaste dink Namib Desert Camping2Go het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hardap Namibië
Vanaf
Vanaf R 1 970
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 970
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: C19, Namib Desert Lodge, Sossusvlei, Solitaire, 0000, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA110e6599b4660535687e71fab21c147babaf8dabdf4864037895b83ec047a135a462ce583932ad4d65b1e4bce8ccf87b6762?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 970 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 C19, Namib Desert Lodge Sossusvlei 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.116597 15.905156

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang