Namushasha River Campsite
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Namushasha River Lodge-kampeerplek, Suid van Kongola, Caprivi, Kongola, 0000, Zambezi
- Vanaf R590 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Namushasha River Campsite is 24,8 km suid van Kongola in Namibië. Die kampeerterrein is op ’n grasperk onder ou bome naby die Kwadorivier.
Dié kampeerterrein het 6 staanplekke op ’n grasperk wat elk braaigeriewe, ’n ablusieblok en warm en koue water en kragpunte het. Kampeerders is welkom om die geriewe by die lodge te gebruik wat sowat 500 m vanaf die staanplekke is.
Die lodge het ’n indrukwekkende, Afrika-styl ingang tussen die bome, met ’n hout kandelaar en uitgekerfde diere. Die eetkamer het ’n hoë grasdak en is oop aan die kante wat na die rivier lei. Kampeerders is welkom om van die swembad by die lodge gebruik te maak.
Gaste kan die plaaslike, tradisionele dorpies besoek en kyk hoe die inwoners mandjies weef en hout uitkerf. Die lodge bied bootvaarte op die Kwandorivier, wildritte deur die rivier met ’n boot oor te steek tot in Bwabwata Nasionale Park en 4x4-ritte teen addisionele kostes. Gaste kan wild soos olifante, buffels, kameelperde en zebras sien. Visvanguitstappies is beskikbaar en gaste kan ook voetslaan geniet. Gaste kan ook sterrekyk op versoek geniet. Mudumu Nasionale Park is 40,7 km van die lodge af en is toeganklik met 'n 4x4-voertuig.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Restaurant op Perseel
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 103
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Namushasha River Lodge-kampeerplek, Suid van Kongola, Caprivi, Kongola, 0000, Zambezi
- Gaste dink Namushasha River Campsite het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Namushasha River Lodge-kampeerplek, Suid van Kongola, Caprivi, Kongola, 0000, Zambezi
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang