Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nanna Rous' Town House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D'Urban Row 9, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nanna Rous' Town House is in 1860 gebou en die kerkie en pastorie wat in verblyf omskep is, dateer uit 1830. Dit is in ’n stil straat in Colesberg geleë naby ’n paar geskiedkundige plekke uit die Boereoorlog.

Gerieflike, bekostigbare verblyf en veilige parkeerplek op die perseel word gebied. Die huis het ’n ouwêreldse kothuistuin met 'n rustige en vreedsame atmosfeer.

Die eenheid se ligging maak dit 'n ideale oornagplek vir reisigers na en van die Kaap af. Daar is ’n nuwe sit-area met ’n oop kaggel en ’n kombuis met ’n yskas, stoof en mikrogolf. 'n Kontinentale of Engelse ontbyt word soggens van 07:00 af bedien. Daar is 6 gastekamers, 3 gesinskamers, 2 dubbelkamers en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Al die kamers is stylvol versier en ten volle toegerus met en suite-storte, koffie- en teemaakgeriewe, plafonwaaiers, elektriese komberse en DStv.

'n Besoek aan die Colesberg-museum kan gereël word indien dit vooraf versoek word. Begeleide staptoere deur die dorp en besoeke aan Boereoorlogplekke kan ook gereël word. Al die restaurante in die dorp is stapafstand van Nanna Rous' af. Daar is 3 restaurante en kroeë. Een van die plekke wat jy nie mag misloop nie, is die Bordeaux-restaurant in die hoofstraat van Colesberg, wat bestaan uit 'n koffiewinkel en gelisensieerde restaurant. By hierdie restaurant kan jy heerlik smul aan Karoo-geregte in 'n rustige tuin-atmosfeer.

Kenneth en Madi se gasvryheid is sonder gelyke en hulle sien daarna uit om jou by hul gastehuis te verwelkom.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 298 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Sonja P
5.0
Gasvry. Baie vriendelik en het rustig geslaap, heerlike groot ontbyt.
Okt 2024
Hannetjie L
5.0
Alles wat nodig is vir 'n nag oorslaap. Die kamer is perfek met twee enkelbeddens, soos ons nodig gehad het. Alles wat nodig is vir oorslaap is daar, ...
Sien meer
Sep 2024
Reneè M
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was oppad Kaap en het daar oornag. Ons het baie lekker gebly. Die gasheer was baie vriendelik en daar het 'n huislike atmosfeer geheers. Die ontby...
Sien meer
Aug 2024
Daleen C
Saam met lewensmaat
5.0
I recommend Nana Rous as a lovely stay over. We were met by friendly, accommodating staff and we had a lovely, quiet, warm and comforta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Hennie H
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte oornag bestemming. Baie oulike plek, the host baie behulpsaam gewees, restaurant binne loopafstand, motor veilig.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

madi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 298

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • D'Urban Row 9, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Nanna Rous' Town House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D'Urban Row 9, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1NDcwN2FkLTQ4NDUtNDgyZC04NWNkLTBmZDU5YjMwN2M0Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 298 5 1 5 9 D'Urban Row Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.719276506292 25.096523159386

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang