Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Napier All Sorts

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sarel Cilliers-straat 79, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Napier All Sorts bied 'n eenheid met Oregon-vloere, 'n ouwêreldse karakter en sjarme wat uit 1939 dateer. Alhoewel dit op die hoofpad geleë is, voel jy asof jy op 'n plaas is. Daar is restaurante, kroeë en interessante winkeltjies binne stapafstand. Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar.

Op die perseel is 'n koffiewinkel met tuisgemaakte skons waar jy ware plattelandse gasvryheid kan geniet. Jy sal ook 'n oulike geskenkwinkel vind waar jy geïntrigeer sal wees deur die "All Sorts" om te sien. Van kostuumjuwele en pragtige serpe tot handgemaakte piouter skaakstelle is te koop. 'n Privaat versameling militaria met medaljes, uniforms, ens. kan ook op die terrein besigtig word.

Verblyf word gebied in 'n eenheid met 3 slaapkamers. Daar is twee kamers met 'n antieke koper dubbelbed in elk en een kamer met 2 enkelbeddens. Daar is net 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Linne word voorsien, maar bring asseblief jou eie handdoeke.

Daar is 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en basiese kombuistoebehore. Daar is ook 'n TV met DStv-kanale in een van die kamers en OpenView in die ander twee slaapkamers.

Wi-Fi is beskikbaar.

Die eenheid het toegang tot 'n onderdakbraai-area op die perseel, maar slegs die bespreekte gaste sal op die perseel toegelaat word. Bring asseblief jou eie hout en braaigereedskap.

Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar en die eenheid het 'n privaat ingang.

Neem asseblief kennis dat die deurkosyne in hierdie eenheid ongeveer 1,8 meter hoog is. So ekstra lang mense moet versigtig wees.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sarel Cilliers-straat 79, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Gaste dink Napier All Sorts het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Napier Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sarel Cilliers-straat 79, Napier, 7270, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2N2I0MGMxLThlOTQtNGRhYy1iNWIwLTM4NDljMTc1MDg4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense 25 5 1 5 79 Sarel Cilliers Street Napier 7270 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.474499137641 19.901803216112

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang