Nature-on-Sea Beach House Apartment
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nature-on-Sea, Outeniquastrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R4 050 per nag, vir 9 mense
Beskrywing
Nature-on-Sea Beach House Apartment is in 'n gewilde privaat kompleks langs Outeniquastrand, 'n kusjuweel, naby Grootbrakrivier geleë. 'n 40 m houtpaadjie lei direk vanaf die huis na die strand.
Dié woonstel is deel van 'n groter huis. Die boonste verdieping word slegs deur die eienaars gebruik en slegs die onderste verdiepings word aan vakansiegangers uitverhuur.
Die woonstel het slaapplek vir 9 gaste. Die verdieping met die sitkamer het slaapplek vir 5 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Al die kamers het kaste. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. 'n Buitetrap lei af na die onderste verdieping. Daar is 'n kamer wat perfek is vir tieners met 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Hierdie area (apart van die boonste woonstel) het sy eie toilet en buitestort.
Die kombuisie is met 'n induksiestoof, oondjie, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n wasgoedarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het gemaklike banke, 'n platskerm-TV. Gaste moet hul eie aanmeldbesonderhede gebruik om Netflix of Showmax te kyk, of hulle kan met die eienaars reël vir toegang. Daar is ook 'n binnebraai (slegs houtskool).
Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n piekniektafel en 'n panoramiese-uitsig oor die see en Mosselbaai.
Daar is parkeerplek vir 2 kleiner voertuie beskikbaar of 'n motor of bakkie met 'n sleepwaentjie. Daar is geen ander parkeerplek beskikbaar in die kompleks nie. 'n Trap lei na die onderste verdieping.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Lustine Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 31
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Nature-on-Sea, Outeniquastrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Nature-on-Sea Beach House Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Outeniqua Strand Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nature-on-Sea, Outeniquastrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang