Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nautica 403

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakkestraat 1, Nautica 403, Die Bakke, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 R1 260 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Nautica 403 is in ’n veilige kompleks in Die Bakke, Mosselbaai geleë. Dit is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n pragtige uitsig oor die see.

Die woonstel is op die vierde verdieping en met trappe en 'n hysbak bereikbaar. Dit bied verblyf aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. In die sitarea is 'n slaapbank vir 1 kind beskikbaar. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met ’n yskas-vrieskas, 'n stoof en oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Gaste kan maaltye by die etenstafel geniet of in die sitarea ontspan waar 'n TV met sekere DStv-kanale is. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n etenstafel en braaigeriewe.

Veilige parkeerplek word voorsien en die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad vir gaste se gebruik.

Nautica 403 is 1 km van die strand af waar jy kan visvang, branderplankry, swem of met skemervaarte kan gaan. Mosselbaai het 'n verskeidenheid aktiwiteite soos bergfietsry, stap, wandel- en 4x4-roetes.

Die woonstel het 'n omgekeerde osmose waterfilter. Daar is ook 'n omsetter wat krag aan die TV, WiFi en ligte tydens beurtkrag voorsien.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbank vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Andre D
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Uitstekende diens van bestuur en alles was 100% met ons aankom. Ek beveel definitief die plek aan.
Aug 2024
John S
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n aangename wegbreek vir 'n week. Die beste nog! Ons kom beslis weer. Nautica 403 is beslis 'n wenner. Die eenhede is modern toegerus met 'n ...
Sien meer
Jul 2024
Alizia S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies. Ons sal vir seker weer kom kuier. Puik verblyf en diens. Sien sterre.
Apr 2024
Christine H
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker lang stoepkuiers. Die kombuis is baie lekker toegerus en die badkamers is mooi netjies. Dit was 'n aangename wegbreek!
Okt 2023
Marius E
Saam met vriende
5.0
Besondere ligging in uitsonderlike pragtige plek. Die "attention to detail" was van die eerste blywende indrukke. Alles getuig van besondere goeie sma...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Terina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Bakkestraat 1, Nautica 403, Die Bakke, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nautica 403 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
R1 400 R1 260
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 400
R1 400 R1 260
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakkestraat 1, Nautica 403, Die Bakke, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe13385821b002114e41a4cb241fbafdce49f2961b5c062fa9fc6db759222c448a7ffef6630ee9a01cd5e7d3d82be26366386?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400 nouVanaf R1 260 per nag (plek vir 5) 30 5 1 5 1 Bakke Street Nautica 403 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.171520954524 22.122930297623

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang