Strand Suid Verblyf
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-straat 4, Nautica, Van Ryneveld, 7139, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Strand Suid Verblyf is 'n gerieflike selfsorg eenheid vir vier (4) gaste in Van Ryneveld. Dit is net 200 m van die naaste strand af.
Die woonstel het twee (2) slaapkamers, elk met sy eie en-suite badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer se badkamer het 'n handvatsel om aan vas te hou terwyl u stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het twee (2) enkelbeddens. Daar is 'n elektroniese kluis en haardroër in die hoofslaapkamer en elke kamer het 'n waaier. Gehalte linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis en -leefarea bied genoeg pakplek vir kruideniersware en daar is 'n waaier in die leefarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas, broodrooster, wasmasjien, eetgerei, breekware en koffiemaker toegerus. Daar is ook 'n strykyster en strykplank beskikbaar.
Die leefarea bied toegang tot die balkon met 'n pragtige see uitsig en gratis Wi-Fi, DSTV 'streaming' en YouTube is beskikbaar. Indien u u eie Netflix rekening het, kan u dit gebruik om Netflix te kyk.
Verder is daar 'n omsetter met rugsteunbatterye wat die ligte, TV en Wi-Fi aan die gang sal hou tydens beurtkrag, of tydens onvoorsiene kragonderbrekings.
Veilige kelderverdieping parkering is beskikbaar vir een (1) voertuig. Die gebou het ook 'n hysbak en gaste het toegang tot gemeenskaplike braaigeriewe op die grondverdieping.
Kom geniet die mooiste sonsondergange wanneer u op die promenade stap. Indien u stap fiks is, kan u binne 10 minute na die midde dorp stap.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Noel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- George-straat 4, Nautica, Van Ryneveld, 7139, Wes-Kaap
- Gaste dink Strand Suid Verblyf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Van Ryneveld Strand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-straat 4, Nautica, Van Ryneveld, 7139, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang