Ndabushi Lodge
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gedeelte 65 op Plaas Casketts, Langs Arygle-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Vanaf
R1 400R1 260 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ndabushi Safari Lodge is 'n rustige oord op die oewer van die Klaserierivier. Dit is 26 km vanaf Hoedspruit en net 12 km vanaf Eastgate-lughawe. Dié lodge is baie naby die Timbavati- en Klaserie-wildreservate en dis in 'n pragtige tuin geleë. Die lodge bied afsondering, fantastiese gasvryheid en tradisionele Suid Afrikaanse geregte.
Ndabushi Safari Lodge bied gemaklike verblyf aan 22 gaste. Gesinne is ook welkom. Dit is perfek vir kinders wat wil speel en die vakansie geniet. Elke ruim gastekamer het 2 enkelbeddens of dubbelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n wasbak, stort en 'n toilet, en 'n klein sitkamer. Die eenhede word daagliks skoongemaak en het elkeen sy eie vuurmaakplek buite.
Vir groter groepe is daar 'n lieflike boma in die swembadarea en indien jy groepfunksies wil hou is daar 'n kombuis wat volledig toegerus is by die swembad. Spyseniering kan ook vooraf gereël word.
As jy bloot wil ontspan, kan jy gerus so maak onder die groot hardekoolbome in die rustige tuin of jy kan in die groot swembad afkoel. Daar is ook 'n grasdak-vermaakarea.
Wild wat die meeste hul verskynings maak sluit duikers, impalas, njalas, bosbokke en seekoeie in. Daar is af en toe ook ander diere wat in die omliggende reservate wandel. Saans kan jy die gehuil van die hiënas en die leeus se gebrul vanuit die buurreservate hoor. Vir voëlliefhebbers is daar verskeie voëlspesies om te sien.
Kom en geniet die rustigheid van Ndabushi Safari Lodge en ons sal ons bes doen om dit vir jou onvergeetlik te maak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Marlene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Gedeelte 65 op Plaas Casketts, Langs Arygle-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Ndabushi Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gedeelte 65 op Plaas Casketts, Langs Arygle-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang