Neighbourgood Ravenscraig
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2024 tot 19 Nov 2024.
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ravenscraig-weg 2, Groenpunt, 8005, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 350R1 215 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Neighbourgood Ravenscraig bied lieflike oornagverblyf in die hartjie van die bedrywige Groenpunt in Kaapstad. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf 'n paartjie, solo-toeriste óf korporatiewe reisigers wat verblyf in die Moederstad soek.
Hierdie eiendom bied die keuse van 12 gastekamers met slaapplek vir 2 sowel as 'n gesinskamer met slaapplek vir 3. Hierdie kamers is óf ingerig met koningingrootte-beddens óf dubbelbeddens en elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die gesinskamer het 'n ekstra enkelbed vir kinders.
Ander geriewe in die kamer sluit 'n tee- en koffieskinkbord, lugversorging, gratis WiFi en 'n TV in. Sommige van die kamers het ook hul eie werkspasie. Alle gaste het volle toegang tot 'n gedeelde gastesitkamer wat 'n sithoekie, 'n etenstafel en oorgenoeg werkbanke het. Buite bied die eiendom 'n lieflike onthaalruimte met 'n tafel en stoele en 'n uitnodigende swembad.
Alle gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is reg langs 'n bekende kafee en is stapafstand vanaf baie ander winkels en restaurante. Die gewilde V&A Waterfront is ook net 'n entjie weg.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Neighbourgood Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 38
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Ravenscraig-weg 2, Groenpunt, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Neighbourgood Ravenscraig het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ravenscraig-weg 2, Groenpunt, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang