Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nelheim

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saturnusstraat 3, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 R638 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nelheim is in die dorpie Vredenburg, Weskus geleë. Vanaf Vredenburg is dit 'n maklike rit na die bekoorlike dorpe Paternoster, Saldanhabaai, Langebaan, Jacobsbaai en St Helenabaai.

Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede wat langs die hoofhuis geleë is.

Die Tafelberg-eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad, stort en 'n wasmasjien. Die sitarea het 'n TV met Netflix en sekere DStv-kanale. Dié eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolf, broodrooster, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid het 'n buite-area met 'n draagbare braai.

Die Tuin-woonstel beskik oor 2 slaapareas. Die 1 oopplan-slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en kombuisarea, terwyl die tweede slaapkamer 'n driekwartbed en 'n dagbed het. Die tweede slaapkamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort wat na 'n privaat tuin lei. Die kombuis is toegerus met 'n ketel, broodrooster, mikrogolf, yskas-vrieskas, gasstoof, oond en eetgerei vir 4 mense. Die eenheid het 'n draagbare braai en sitplek buite.

Ander geriewe sluit gratis WiFi en veilige parkeerplek CCTV in. Daar is ook 3 vriendelike honde op die perseel.

Nelheim is net 2 km vanaf die Weskus Mall en sowat 1 km vanaf Life Weskus Privaat Hospitaal.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Sanet S
Besigheidsreis
5.0
Rustige nag gewees. Die plek is toeganklik en skoon en alles is daar wat jy nodig het vir selfsorg.
Jul 2024
Dawie/wilma V
5.0
Was vir besigheid, net daar geslaap. Alles was perfek, dankie.
Jun 2024
Kobus P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker slaap en beste beskuit ooit! Ek is bly ons het so 'n lekker plek gevind om te kan oorslaap.
Mei 2024
Kobus N
Besigheidsreis
5.0
Het meeste van die tyd gewerk maar die omgewing is baie mooi. Stil en rustig. Dit was baie lekker na 'n lang dag se werk.
Mrt 2024
Muneera V
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie diens. Dit was baie rustig. Moet sê, sal binnekort weer wil aansluit. Ja, dit was lekker, rustig.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Doreen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Saturnusstraat 3, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nelheim het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
R750 R638
per nag, vir 2 mense
Vanaf R750
R750 R638
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saturnusstraat 3, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c5ce31c16b84ebca4ea769b1aef818f727ca5023b2fab4494335d8cecb066d048676c54c0568156325e3e933679746f2cc4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R638 per nag, vir 2 mense 66 5 1 5 3 Saturnus Street Vredenburg 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.91277657146 17.976201563544

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang