Neptune's Terrace
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 5 Feb 2025 tot 28 Feb 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Da Gama-weg 14, Eenheid 34 Neptune's Terrance, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 400R1 260 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Neptune's Terrace is 'n lieflike selfsorgwoonstel wat sentraal in die hartjie van Jeffreysbaai geleë is. Dit is net 'n entjie vanaf die hoofstrand en ideaal vir 'n gesin of vriende wat naby die kus wil wees.
Dié eenheid is op die tweede verdieping, het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, broodrooster, ketel, koffiemasjien, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sit- en eetarea het oorgenoeg sitplek, daar is ook 'n enkelslaapbank, slim-TV en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n balkon met 'n see-uitsig, sitplek en braaigeriewe. Veilige parkeerplek en toegang tot 'n hysbak word voorsien. Die woonstel is naby die middedorp, restaurante en winkels.
Jeffreysbaai spog met baie besienswaardighede, insluitend die African Dawn Wildlife Sanctuary, Jeffreysbaai Skulpmuseum, asook verskeie restaurante. Boonop is daar baie aktiwiteite, soos bergfietsryroetes, valskermspring en 4x4-roetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Claudia Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Da Gama-weg 14, Eenheid 34 Neptune's Terrance, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Da Gama-weg 14, Eenheid 34 Neptune's Terrance, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap