Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Newlands Homestay

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Avenue Grande 17, Nuweland, 7700, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Newlands Homestay bied gerieflike oornagverblyf in die hartjie van Nuweland. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Verblyf word aangebied in 2 knus eenhede, die Pool-kamer en die Anneks. Elke eenheid bied slaapplek aan 2 gaste. Die Pool-kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en die Anneks het 2 ekstra lang enkelbeddens. Elke eenheid het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke eenheid is met 'n mikrogolf, yskassie, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Eetgerei en breekware is op versoek beskikbaar. 'n Slim-TV met Netflix en YouTube is ook in elke eenheid beskikbaar. Sakereisigers sal bly wees om te verneem dat daar ook gratis WiFi en 'n lessenaar in elke eenheid beskikbaar is. Elke eenheid het ook 'n stoeptafel en stoele buite wat die ideale plek is om te ontspan na 'n besige dag.

Gaste het direkte toegang tot die gemeenskaplike swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en Newlands Homestay is lekker naby verskeie winkels en restaurante.

Die eiendom maak van sonkrag gebruik en word dus nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Deens

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Chris K
Saam met lewensmaat
5.0
Met all expectations. Very convenient location. Attentive and kind host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Keith M
Saam met vriende
5.0
Simply exceptional, nothing was too much to ask for. What a fantastic experience. Wendy, the owner, was wonderful. The room and bathroo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Sharissa B
Saam met lewensmaat
5.0
Blyplek was goed en gemaklik, net warm. Baie lekker gebly, net vreeslik warm gekry, werk asb. daaraan om 'n aircon in te sit.
Jan 2024
Susan M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelike gasheer en gasvrou en baie akkommoderend. Het die tydjie baie daar geniet.
Mrt 2023
Simon S
Saam met lewensmaat
5.0
Was a lovely spot and value for money. Visiting family in Cape Town.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Wendy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Avenue Grande 17, Nuweland, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink Newlands Homestay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Avenue Grande 17, Nuweland, 7700, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e9afc229a434ce194d41cccb70a0d01faeffd38c3f5d0b004e870cb858801f23d1323ed8c13a14766343732f69eb009fea9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 17 Avenue Grande Newlands 7700 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9771309 18.4559574

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang