Ngala Kulala Safaris
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 09:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Erfdeel 149, Buffelspoortplaas, Assen, 0149, Noordwes
- Vanaf R7 000 per nag, vir 14 mense
Beskrywing
Ngala Kulala Safaris is op 'n wildplaas tussen Brits en Thabazimbi geleë. Dit is 'n wonderlike opsie in die Bosveld en is vir die hele gesin geskik.
Daar is 2 huise op die perseel wat saam bespreek word. Die eerste huis beskik oor 3 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed. Die tweede huis het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Elke huis het 2 badkamers wat 'n stort het en daar is ook 'n buitebadkamer.
Daar is 'n gemeenskaplike lapa met baie eetplek en 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, eetgerei en breekware toegerus is. Die lapa het 'n sitarea met 'n TV en DStv.
Ngala Kulala Safaris het binne- en buitebraaigeriewe sodat gaste kan kies of hulle binne die lapa of buite onder die sterre wil braai. Daar is ook 'n plonspoel.
Gaste kan op die plaas se grondpaaie bergfietsry en draf. Daar is 'n paar rooibokke, blesbokke, sebras, blouwildebeeste, elande, koedoes en njalas wat gesien kan word. Gaste kan met hul eie voertuig rondry of 'n rit op die plaas se wildritwa geniet. Die Sandrivier kruis Ngala op 'n paar plekke en as dit lekker vloei kan gaste visvang. Ngala Kulala het ook 'n wye verskeidenheid voëlspesies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jana Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 52
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Erfdeel 149, Buffelspoortplaas, Assen, 0149, Noordwes
- Gaste dink Ngala Kulala Safaris het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 09:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Erfdeel 149, Buffelspoortplaas, Assen, 0149, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang