Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ngama Tented Safari Lodge

Wildsplaas
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R3 980 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ngama Tented Safari Lodge is 'n intieme tent-safari-lodge wat in die Guernsey Privaat Natuurreservaat geleë is. Dit is die ideale wegbreekplek vir gaste wat graag 'n Afrika-boservaring wil hê.

Gaste kan tussen 6 tent-chalets en die selfsorg Ngama Boshuis kies.

Die tent-chalets is in 'n klassieke safari-tent ontwerp, maar het moderne geriewe. Die tent-chalets bied baie privaatheid. Elke tent-chalet het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad of net 'n stort, asook koffie- en teemaakgeriewe. Elke tent-chalet het ook 'n buitestort en 'n privaat dek.

Die Ngama Boshuis het 3 slaapkamers en 'n solderkamer op die boonste verdieping, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-eet- en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed. Die derde slaapkamer en die solderkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. WiFi is ook beskikbaar. Die huis lei na 'n verhewe dek met 'n privaat swembad, sonstoele en 'n ketelbraai. Daar is ook 'n tuin voor die huis wat vuurput-braaigeriewe het.

Die hooflodge is 'n gerieflike plek om te ontspan, 'n drankie te drink of 'n boek te lees, terwyl gaste die voëllewe rondom die watergat bewonder. Dit spog met 'n sondek langs 'n swembad vir diegene wat net agteroor wil sit en die Afrika-son wil geniet. Aandete en ontbyt word buite op een van die dekke, of langs die vuur op 'n koue wintersaand bedien. Die boma skep 'n onvergeetlike atmosfeer waar gaste aandete kan geniet, terwyl hulle na die geluide van die bos in die agtergrond luister.

Daar is 'n hele rits aktiwiteite wat aangebied word, soos begeleide boswandelinge en wildritte. Daar is ook 'n groot verskeidenheid besienswaardighede in die omgewing wat gaste die geleentheid bied om die area tydens hulle wegbreek by Ngama Tented Safari Lodge te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Leandri S
Gesin met tieners
5.0
Relaxing and stress free! Amazing place. Great service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Thandiela G
Saam met vriende
5.0
Ruim tente en uitstekende diens. Ons het baie lekker gebly. Die swembad was puik.
Mrt 2024
Amelia D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike stilte en ontspan. Als was wonderlik. Dankie vir bottelwyn en hout. Waardeer opreg. Diere het ons kom verras by draad! Swembad pragtig skoo...
Sien meer
Mei 2023
Carl And Sue B
Gesin met klein kinders
4.6
Relaxing and peaceful. Stay was really good and comfortable. The view was beautiful, and we had a lovely visit from the giraffes.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Monja M
Gesin met tieners
4.0
Vreeslik lekker gekuier. Die huis se konsep is pragtig. Ons sal weer gaan! Opgraderings aan die huis is nodig, die beddens slaap wel lekker en die bra...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Devin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Guernsey Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Ngama Tented Safari Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 980
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 980
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0b70ebdb0817901bf5751ecf4e18400083f319960c8a9ed83936559d79430099e73a27fbcc69b4014198c3287ef5b3216e7b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 980 per nag, vir 2 mense 70 5 1 5 Guernsey Private Nature Reserve Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -24.52818897562 31.110958456993

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang