Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nguni Bush Lodge

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cobra-laan 1126, Marlothpark, 1436, Mpumalanga
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Nguni Bush Lodge is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van die Bosveld van Marloth Park. Dit is 'n wonderlike opsie vir gaste wat die area wil verken aangesien dit aan die bekende Krugerwildtuin grens.

Dié lugversorgde eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed; net die hoofslaapkamer beskik egter oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele en 'n sithoekie. Dié patio lei na 'n boma waar gaste saans kan saamdrom. Boonop is daar 'n plonspoel en die boonste vlak het 'n uitsigbalkon met 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en oor die Bosveld uit te kyk.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lee-Ann Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 9

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Cobra-laan 1126, Marlothpark, 1436, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cobra-laan 1126, Marlothpark, 1436, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfb05e51521bf2118428b7d249b181e100d996cedaa6c8bd36c8c9c14ea45980c5e00101a5e8fc84c79f66cefeb8367ce7dba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 1126 Cobra Avenue Marloth Park 1436 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.3633592 31.7659493

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang