Nguni Cottage @ Frog Mountain Getaway
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5 van Plaas 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Nguni Cottage @ Frog Mountain Getaway is een van ses kothuise op 'n skouspelagtige plaas 18 km vanaf Swellendam in 'n afgesonderde groen vallei aan die einde van 'n plaaspad. Die omgewing is werklik asemrowend en reg teen die berge.
Die plaashuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer me t'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer is 'n klein kamer langs die hoofslaapkamer met 2 stapelbeddens vir kinders.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel.
Buite is 'n privaat stoep met gemaklike sitplek en 'n etenstafel. Dit lei na 'n groot grasperk met 'n houtvuurwarmbad.
Hierdie familieplaas is ideaal vir natuurliefhebbers en gaste kan in rotspoele swem, watervalle besoek, voetslaan en op die pragtige Buffeljagsrivier, wat deur die plaas kronkel, roei.
Die stil, rustige plaas is die perfekte wegbreekplek vir familie of vriende. Gaste kan die geluid van die voëls, die groen natuur en die sterrehemel geniet. Bosbokke, otters, rooikatte en 'n magdom voëlspesies is ook te sien. Kinders kan die inwonende plaasdiere, honde, katte, donkies, perde en beeste ontmoet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Kinderstapelbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Gabriella Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Erfdeel 5 van Plaas 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5 van Plaas 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang