Niekerk's View
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 18 Jan 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 106, Paardeneiland, Kakamas, 8873, Noord-Kaap
-
Vanaf
R900R675 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ons is in die Noord-Kaap geleë, op Marchand naby Kakamas op die skilderagtige Paarden-eiland, 3 km vanaf die R359, op pad na die Augrabies-waterval. Hierdie werkende plaas is op 'n heuwel en bied 'n pragtige uitsig oor die wingerde, besproei vanaf die Oranjerivier en die skerp kontras van die berge en weivelde van die Kalahari in die agtergrond.
Die woonstel bied ruim selfsorgverblyf vir 2 mense met 'n dubbelbed en linne, maar matrasse kan vir nog 2 kinders voorsien word. Die kamer is toegerus met 'n lugversorging vir daardie warm somersdae. Daar is en suite-badkamergeriewe met 'n stort, wasbak en toilet en handdoeke word voorsien vir gaste se gerief.
In die kombuis is daar 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond, ideaal vir verhit-en-eet etes. Tuisgebakte beskuit, koffie en tee is beskikbaar in die kamer.
Braaigeriewe, hout en veilige parkeerplek word ook voorsien.
Daar is 4x4-, voetslaan- en bergfietsroetes asook vang-en-vrylaat visvang en kanovaarte binne 'n radius van 20 km. Daar is besienswaardighede soos die Riemvasmaak Warmwaterbronne 40 km weg, Augrabies Waterval 20 km weg, Kakamas Watertonnels 25 km weg, wynproe by die Oranjerivier en The Mas Wynkelders asook verskeie plaasstalletjies en restaurante in die nabygeleë omgewing wat 'n besoek werd is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kindermatras vir 2
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Riekie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Plot 106, Paardeneiland, Kakamas, 8873, Noord-Kaap
- Gaste dink Niekerk's View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Groen Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 106, Paardeneiland, Kakamas, 8873, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang