Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nieuwedrift Accommodation

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N7, Nieuwedrift, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Nieuwedrift Accommodation is op 'n koring-, skaap-, en wynplaas geleë net buite Piketberg in die Swartland omgewing. Die dorpie lê aan die voet van die Piketberge en word gekenmerk deur wingerde, kleurvolle koringvelde, vrugteplase, en inheemse fynbos.

Nieuwedrift Kothuis bestaan uit 'n tweeslaapkamer kothuis met slaapplek vir 4 volwassenes. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met lugversorging. Albei slaapkamers is toegerus met Egiptiese linne. Daar is ook 'n tweede badkamer met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, kookgerei en 'n etenstafel. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Daar is ook WiFi, 'n braai-area en veilige parkeerplek.

Daar is onderdak braaigeriewe op die stoep asook 'n oop vuurmaakplek op die grasperk om gesellig saam te kuier.

Daar is 'n restaurant naby die kothuis wat vanaf Woensdag tot Sondag oop is. Die tye is beskikbaar op aanvraag.

Aktiwiteite in die omgewing sluit gholfspeel, voetslaan, bergfietsry, Zipline by Piekenierskloof Mountain Resort, die plaasmark, wynproe en 4x4-roetes in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jan Rudolf S
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie lekker gewees en sal graag weer wil besoek. Perfekte behuising met alle geriewe, braai, kaggel, lugverkoeling, volledige kombuis, genoeg ...
Sien meer
Mei 2024
Charlene H
Saam met lewensmaat
5.0
What a wonderful stay we had. Karin and Johan were amazing hosts. I have stayed. What a wonderful stay we had. Karin and Johan were ama...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Pierre R
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjiese, veilige plek met goeie geriewe. Baie netjiese en veilige plek met goeie geriewe. Sal dit aanbeveel.
Okt 2023
Dawn C
Saam met lewensmaat
5.0
Special attention to detail. We loved the small details that made the stay super special. Real country living with all the luxury. High...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Hanlie W
Saam met lewensmaat
5.0
Alles hier is onverbeterlik. Alles in hierdie kothuis is uitmuntend! Uitstekende beplanning en so volledig toegerus. Super skoon! Die dekor is pragtig...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • N7, Nieuwedrift, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nieuwedrift Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Swartland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N7, Nieuwedrift, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA212e40f759ce5f4ea7328cf7e605c5870816b4dec70fad8b373a283ed52146574a8e4ea529332c7f74c978815b07f4aa1d9c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 4 mense 42 5 1 5 N7 Nieuwedrift 7320 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.978944563536 18.750949099089

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang