Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nieuwland

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Breda-straat 1131, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Nieuwland is 'n pragtige vakansiehuis met moderne kenmerke geleë in die gewilde en veilige Langebaan Country Estate wat deur Gary Player en Black Knights ontwerp is. Hierdie huis is naby 'n groot speelgrond geleë en het 'n lieflike strandmeer-uitsig aan die een kant en 'n uitsig oor die gholfbaan aan die ander kant.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het direkte toegang tot 'n balkon en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Dit beskik ook oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. 'n Stort is beskikbaar in die tweede badkamer, terwyl die derde badkamer 'n stort en 'n bad het. Die vierde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en toegang tot die buitelugvermaakarea is deur hierdie kamer. Linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.

Die oopplan-leefarea beslaan die boonste vlak van die huis en beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Langs die kombuis is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek en aan die ander kant is daar 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Komplimentêre WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Ook beskikbaar op hierdie vlak, is 'n kroeg met 2 yskassies en 'n gesellige binnebraaikamer op die boonste vlak. Op die grondvlak is daar nog 'n TV-kamer wat uitloop op die grondpatio. Dié patio beskik ook oor 'n buite-eettafel, yskassie, 'n gasbraai en 'n pizza-oond. Hierdie agterplaas is heeltemal omhein en kyk uit oor die gholfbaan.

Die motorhuis kan ongelukkig nie vir parkering gebruik word nie maar die oprit het parkeerplek vir 4 voertuie. Gaste word egter toegelaat om die 2 fietse, wasmasjien, tuimeldroër en vrieskas wat in die motorhuis is te gebruik. Langebaan Country Estate beskik ook oor 'n gemeenskaplike swembadarea, 'n gimnasium, 'n klubhuis, tennisbane, putt-putt sowel as die 18 putjie-gholfbaan.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ronell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Van Breda-straat 1131, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nieuwland het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Breda-straat 1131, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA42d0b2f01ee214ee16fb28889bb786bf77d203bd6c9c20ef26a4ab9605403470c6d571b0d3247aa28d719d6368926e08f08f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 1131 Van Breda Street Langebaan Country Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.0692663 18.0483578

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang