Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nini Se Gastekamers

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 16 Sep 2024 tot 4 Okt 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Strydomstraat 14, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R700 R595 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nini Se Gastekamers bied 'n netjiese en veilige selfsorgkamer in die voorstad, Fichardt Park. Dit is die ideale oornagverblyf vir diegene wat die area besoek vir besigheid, skoolfunksies of sportwedstryde by die plaaslike skole.

Kamer 1 bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en 'n eetarea, sowel as 'n kombuisie. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, yskassie, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kamer het ook 'n etenstafel met 2 sitplekke en 'n platskerm-TV met Netflix- en YouTube-toepassings. WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel en 'n privaat ingang. Die eenheid is naby die Life Rosepark Hospitaal sowel as die plaaslike winkelsentrum. Plaaslike winkels en restaurante is ook in die omtrek.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Albert S
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige, skoon en netjiese oornag plek. Ons het lekker gebly vir ons derde besoek aan Nini se gastekamers. Dit is 'n goeie oornag rusplek.
Aug 2024
Muller W
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer van Nini se Gastekamers gebruikmaak. Baie skoon en netjiese verblyf in 'n veilige en stil buurt.
Aug 2024
Rene E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly met alles wat ons nodig sou hê! Baie aangename verblyf.
Aug 2024
Aniska V
Saam met vriende
5.0
Ons het baie lekker gebly, dit was skoon. Sien sterre.
Aug 2024
Marco V
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie atmosfeer en netjiese verblyf. Baie beslis. Verblyf was netjies en goed toegerus.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anneen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Strydomstraat 14, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Nini Se Gastekamers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R700 R595
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
R700 R595
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Strydomstraat 14, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf165f707f3475370e3a4ea3789b8d8976ac66ceebd4a928788180ac1238baebae47d3f535cea2983f13ec713b491799b05d3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R595 per nag (plek vir 2) 74 5 1 5 Strydom Street 14 Fichardt Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 15:00-23:00 11:00 -29.1495564 26.1818454

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang