Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nirvana 12

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corallaan 22, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Nirvana 12 is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van die lewendige Bloubergstrand. Dit is 'n ideale ligging vir 'n naweekwegbreek aan die kus aangesien dit 'n entjie se stap van die strand af geleë is waar gaste 'n asemrowende uitsig oor die ikoniese Tafelberg kan ervaar.

Dié stylvolle woonstel het slaapplek vir tot 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer wat ook 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Boonop is daar 'n eetkroeg met sitplek vir 4 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en bordspeletjies beskikbaar.

Hierdie sitkamer maak oop op 'n oulike balkon waar jy die geluid van die see kan hoor en die vars seebriesie kan geniet. Die kompleks bied veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Bloubergstrand bied 'n wye verskeidenheid doendinge asook gewilde restaurante en winkelsentrums.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 719

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Corallaan 22, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corallaan 22, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94f805d9e9593007f81c8eedc838cb9e48630abfd4e70d8a7d5e24eade47088f3d03117d3284ddab86809e52323330a85ca8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 22 Coral Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.817301 18.475504

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang