Nitas @ Durbanville
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 18 Nov 2024 tot 13 Des 2024.
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aristeastraat 5, Durbanville, 7551, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 650R1 485 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Nitas @ Durbanville is 'n privaat en knus eenheid op die eienaar se erf in die stil woonbuurt Durbanville in Kaapstad.
Die eenheid bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n enkelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort.
Die oopplan-leefarea het 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank, 'n etenstafel met stoele en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, induksiestoof, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien toegerus is.
Dit is lekker naby Durbanville Laer- en Hoërskool, Durbanville Mediclinic en van die area se beste wynlandgoedere geleë. Veilige parkeerplek, braaigeriewe en gratis WiFi is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Aristeastraat 5, Durbanville, 7551, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aristeastraat 5, Durbanville, 7551, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang