Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nivica Lifestyle Apartment

Selfsorg
Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2024 tot 28 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Nivica Lifestyle Apartment is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne kenmerke geleë in 'n veilige kompleks geleë in Olifantskop, Langebaan aan die Weskus en is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit net oorkant die uitgestrekte gemeenskaplike swembad geleë is.

Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met 'n dubbelslaapbank en 'n slim-TV met Netflix, Disney+, YouTube en DStv Now. Toegang tot gratis onbeperkte Wi-Fi is beskikbaar. Daarbenewens is daar 'n paar bordspeletjies vir wanneer gaste wil inbly.

Deur die skuifdeure is daar 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele asook 'n ingeboude braai wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl dit oor die swembadarea uitkyk.

Die ligging van hierdie kompleks is stapafstand van die strand af en is naby Weskus Nasionale Park, die Langebaan-strandmeer, Laguna Mall, Club Mykonos Resort and Casino en gewilde restaurante geleë. Plaaslike doendinge sluit jetski, vierwielmotorfietsry, sonsondergangvaarte, vlieërbranderry asook gholf net om die draai in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Nivica Lifestyle Apartment
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Safwan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nivica Lifestyle Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
R1 800 R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
R1 800 R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9b61fb1dc1e754f22fb0d7150f00c3742688a408eb5354ada34a8b9831cb04aed4d099f078997818ac35170b518d1fdce206?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 800 nouVanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 59 Jon Olafsson Road Olifantskop 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.05089914226 18.050960898399

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang