Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Njala Crossing Moi Signature Luxury Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Golf Estate & Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 13)

Beskrywing

Njala Crossing Moi Signature Luxury Home is 'n selfsorgvakansiehuis op die Zebula Golf Estate and Spa. Zebula is op 1600 hektaar se Afrika-bosveld in die skadu van die Waterberg geleë en bied 'n gholflandgoed, natuurreservaat en 'n gesondheidspa.

Die dubbelverdieping-grasdakhuis bied slaapplek aan 13 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en 'n gastetoilet onder. Daar is ook 'n groot leefarea en 'n boma. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het net 'n stort. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, of 'n bad en 'n stort. Vier van die slaapkamers is op die eerste verdieping en daar is 2 slaapkamers bo. Die vyfde slaapkamer het 'n driekwartbed en die sesde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Alle linne, kussings, handdoeke, waaiers en swemhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n toonbank. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die leefarea lei na 'n groot onderdakstoep met 'n uitsig oor die swembad, braai-area en 'n vuurput.

Gaste het toegang tot restaurante, speelareas, bewareas en al die geriewe by die Zebula Gold Estate and Spa. Gaste moet hotel-, spa- en gholfgeriewe by die hotel bespreek en betaal. Winkels is skaars in dié omgewing, so gaste moet eerder in Bela-Bela inkopies doen.

Kamer-opset

Slaapplek vir 13 mense 6 Slaapkamers 6 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Hanchen Geverifieer

Eiendomme 27

Resensies 25

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Plaas 534, Zebula Golf Estate & Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 13)
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 13)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Golf Estate & Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6324cd3fc0f95352777b492176887b7b2ff0234c44ff90deb5615b3885a36b887625cdb78597cb9d02475a346ec5e3102c19?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 13) Farm 534 Zebula Golf Estate & Spa 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.764962167406 27.949883230903

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang