Nkambeni Safari Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 450 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R3 450 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Nkambeni Safari Camp is 'n gerieflike, bekostigbare safari-kamp in 'n privaat gedeelte van die Groter Krugerwildtuin. Dié kamp bied billike tariewe en gaste kan kies tussen opsies wat etes en wildritte insluit. Dit is natuurlik altyd ook die moeite werd vir gaste om die Krugerwildtuin met hul eie motor te besoek.
Daar is 146 safari-tente met lugversorging. Elke tent bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 ekstra lang enkelbeddens, 'n kampstapelbed vir kinders, 'n binne- en buitestort, koffie- en teemaakgeriewe, en verblyfgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.
Gaste is welkom om gebruik te maak van die sitarea en die swembad- en kuierarea met sy uitsig oor die dam. Die restaurant is baie bekend en die bomabraai is 'n fees as die weer lekker is. Besoek gerus Danger Ranger Bush Pub waar gaste hulself kan verlustig in die uitsig oor die watergat en die inwonende seekoei wat daarin baljaar.
Die kamp bied wildritte in oop voertuie in die oggend en middag, staptogte in die bos en nagritte in die Krugerwildtuin. Gaste kan van hier af die Krugerwildtuin, God's Window, Graskop, Sabie en die plaaslike gholfbane besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Frans
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
ANEW Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 153
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Nkambeni Safari Camp het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 450 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang