Estuary Views at 6 The Bridge
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: McKenzistraat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Estuary Views at 6 The Bridge is op die oewer van die St Lucia-meer geleë. Dié gewilde instansie is lekker naby verskeie restaurante, kroeë, supermarkte en besienswaardighede. Seekoeie wandel rondom die swembad in die nag en die privaat jetty is die ideale plek op die St Lucia-riviermonding waar gaste seekoeie en krokkodille kan dophou terwyl die son sak.
Die selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer, die tweede kamer het ’n dubbelbed en die derde een het 2 enkelbeddens.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n skottelwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n ontbytkroeg met stoele. Die sitarea het ’n gemaklike sitstel en ’n TV.
Die kompleks bied ’n speelarea en braaigeriewe rondom die swembad in die tuin. Wasgoeddienste is beskikbaar op versoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Elri Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 57
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- McKenzistraat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Estuary Views at 6 The Bridge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: McKenzistraat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal