Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Normann Safari Bush Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 41 Silonque, Phalaborwa, 1389, Limpopo
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Normann Safari Bush Lodge en vakansiehuis is in die bos geleë, net 1,5 km soos die kraai vlieg vanaf die Krugerwildtuin en tog ook naby Phalaborwa. Die Krugerwildtuin se ingang en die Hans Merensky Golflandgoed is net 10 minute se ry van die lodge af en Phalaborwa bied restaurante. winkelsentrums, poskantore, banke, hospitale en 'n lughawe.

Verblyf is beskikbaar in 6 2-enkelbedkamers en 'n gesinseenheid. Van die eenhede is rietdak-chalets, terwyl ander kamers in die hoofplaashuis 'n sinkdak het. Rondom die kamers is daar 'n klein tuintjie met 'n blou swembad.

Daar is 'n omheinde boma-area met 'n kaggel, waar die etes bedien word. Veral met sononder en saans kan die geluide van die bos en die aanskoue van die pragtige Suid-Afrikaanse sterre in die skemerkelkie geniet word.

In die ontvangs is daar 'n klein kuriowinkel, 'n klein biblioteek, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ysmasjien. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Verder bied Normann Safari verblyf in 'n vakansiehuis wat ten volle toegerus is vir selfsorg, met sy eie swembad, verhitte jacuzzi, 'n speelgrond met 'n swaai en 'n sandput, en parkeerplek. Die vakansiehuis is langs die lodge.

Normann Safari Bush Lodge bied 'n gesinsgeoriënteerde dog rustige atmosfeer. Hier kan 'n verskeidenheid voëls, wildsbokke en vlakvarke by die watergat gesien word.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Engels
  • Deens

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 18 resensies vir Normann Safari Bush Lodge
Netheid
3.7/5
Diens
4.2/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Tine & Bjorn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Plot 41 Silonque, Phalaborwa, 1389, Limpopo
  • Gaste dink Normann Safari Bush Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 41 Silonque, Phalaborwa, 1389, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcxMzZiMTUzLTU3NjQtNGI1MS04NjIzLTFjNTdmN2ZkNTIyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 18 5 1 4 Plot 41 Silonque Phalaborwa 1389 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.891593 31.116552
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang