Ntamba Safari Lodge
-
Kapasiteit: 15 persone
10 volwassenes, 5 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Derdepoort-weg R565, Black Rhino Wildreservaat, Pilanesberg, 0318, Noordwes
- Vanaf R18 500 per nag (plek vir 15)
Beskrywing
Ntamba Safari Lodge bied selfsorgverblyf in die Black Rhino Wildreservaat. Hierdie reservaat vorm deel van die 55 000 hektaar Pilanesberg Nasionale Park, wat ook die tuiste van die Groot Vyf is.
Dié eksklusiewe lodge is ideaal vir kieskeurige gaste wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek. Die lodge se naam Ntamba, beteken 'rots' in die Xitsonga-taal beteken, en verwys na die skouspelagtige rooi siëniet-rif wat op die omliggende berge sigbaar is. Hierdie gesinsvriendelike lodge het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 3 vrystaande suites en 1 eenheid met 2 skakel-suites, 'n hoof-leefarea en 'n oopplan-kombuis.
Elke luukse slaapkamer-suite is ruim en het 'n koninggrootte-bed wat omskep kan word in 2 enkelbeddens met Egiptiese lakens en elektriese komberse, en 'n en suite-badkamer met 'n vrystaande bad, 'n dubbelstort en dubbelwasbakke. Elke badkamer het ook toegang tot 'n privaat buitestort. Elke slaapkamer het ook lugversorging, 'n lessenaar, internasionale proppe en USB-poorte, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n Nespresso-koffiemasjien, kluis om waardevolle items te stoor en 'n privaat dek.
Die hoofgebou het 'n volledig toegeruste kombuis met die nodige toebehore, kookgerei, breekware en eetgerei om maaltye voor te berei en gaar te maak, insluitend 'n aparte opwasarea. Die aangrensende oopplan-leefarea het ook 'n TV-kamer en lei na die ruim, onderdak-kuierarea, met 'n groot tafel buite, stoepmeubels, 'n boma met 'n braai-area en 'n kaggel.
Wildritte word ingesluit en word saam met 'n professionele gids in 'n privaat 4x4-safari-voertuig, in die eksklusiewe Black Rhino Wildreservaat en die Pilanesberg Nasionale Park, aangebied.
Die reservaat is ook ongeveer 33 km vanaf Sun City Resort, 40 km vanaf Pilanesberg Internasionale Lughawe en 164 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sheila Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Derdepoort-weg R565, Black Rhino Wildreservaat, Pilanesberg, 0318, Noordwes
- Gaste dink Ntamba Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pilanesberg Nasionale Park Noordwes
-
Kapasiteit: 15 persone
10 volwassenes, 5 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Derdepoort-weg R565, Black Rhino Wildreservaat, Pilanesberg, 0318, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang