Ntoma House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Ntoma House is na die jakkalsbessieboom vernoem wat die landskap afrond. Dié selfsorghuis is vir 6 gaste geskik, spog met besonderse uitsigte vanaf elke uitkykpunt en is tussen lowergroen maroela-, knoppiesdoring- en hardekoolbome versteek.
Ntoma House het lugversorging, bied 'n romantiese en intieme ervaring en is die perfekte wegbreekplek. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en gaste het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne, badhanddoeke, japonne en pantoffels word voorsien.
Die moderne kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel met sitplek vir 8 gaste geniet word.
Die sitarea het 'n TV met 'n HDMI-kabel en gratis WiFi word voorsien. Gaste kan ook met 'n boek in die klein biblioteek ontspan.
Die leefarea lei na 'n uitkykdek met ekstra sit- en eetareas, asook 'n uitsig oor die swembad en die bos rondom die huis. Gaste kan skemerkelkies op die boonste dek geniet, terwyl hulle die uitsig op die omliggende Drakensberge bewonder.
Gaste kan lekker in die swembad afkoel, in die tuin ontspan, of die bomabraaigeriewe gebruik.
Gaste kan met hulle eie voertuie gaan wildkyk, of by die verhewe voëlkykskuilings by die 2 damme voëlkyk. Ander aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit bergfietsry, stap, perdry, 'n spa, galerye, winkels en kroeë in Hoedspruit in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Mgr Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 16
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Ntoma House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wag-'n-Bietjie-straat 533, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang